Advance your career with Jobia Soft Skills & Certificates
Create account, take courses and earn verifiable certificates. Download and add certifications to your profile for better chance of getting hired.
Salary: Market Related Job Type: Permanent Sectors: Management NGO & Non-profit Benefits: Medical Aid Pension ‘n onderhandelbare salaris Reference: 2377869 Job Type: Permanent Sectors: Management NGO & Non-profit Benefits: Medical Aid Pension ‘n onderhandelbare salaris Reference: 2377869 Sectors: Management NGO & Non-profit Benefits: Medical Aid Pension ‘n onderhandelbare salaris Reference: 2377869 Reference: 2377869
Employer: Huis Uitsig, Parow-Noord
BESTUURDER Huis Uitsig, Parow-Noord Huis Uitsig is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes-Kaapland] en VGKSA [Kaapland]. Aansoeke van gemotiveerde persone met bewese bestuursagtergrond en ‘n positiewe lewensingesteldheid teenoor bejaardes, word vir hierdie betrekking ingewag. Die aangewese kandidaat sal regstreeks aan die Beheerraad rapporteer, met die opdrag om die strategiese visie te operasionaliseer deur doelgerigte bestuurstake en die optimale benutting van hulpbronne en dienste. Die posbekleër sal ook voorsiening moet maak vir die versorging van ouer persone, in ’n veilige en vriendelike omgewing, asook die ontwikkeling van gemeenskapsgebaseerde dienste vir ouer persone. Die bestuurder is verantwoordelik vir die algehele bestuur en gehalteversekering van die tehuis, wat insluit: Toesig oor die verpleegsorgdienste, finansiële en menslike hulpbronnebestuursfunksies in samewerking met die multi-dissiplinêre span Bemarking, kommunikasie en fondswerwing om te verseker dat die tehuis volhoubare, toepaslike dienste kan bied Batebestuur en instandhouding van die beroepsgesondheid- en veiligheidsprogram Skakeling en netwerking met belanghebbendes en die bou van langtermyn-verhoudings met strategiese vennote. Die ideale kandidaat beskik oor ‘n naskoolse kwalifikasie, die vermoë om ‘n span te lei en te motiveer, asook die vermoë om probleemareas vroegtydig te identifiseer en op te los. Kennis en ervaring van personeel- en finansiële bestuur, arbeidswetgewing, fondswerwing en bemarking asook rekenaarvaardigheid is verdere vereistes. Vorige bestuurservaring en begrip vir die unieke uitdagings en operasionele dinamika van maatskaplike sorg en ontwikkelingswerk sal as ‘n sterk aanbeveling dien. Vergoeding behels ‘n onderhandelbare salaris asook mediese- en pensioenfondsvoordele. Rig ‘n volledige CV, en dui aan vir watter pos u aansoek doen, voor 14 Augustus 2026 per e-pos aan: [Email hidden - Login to reveal]
Note: Only shortlisted candidates are contacted.
Monthly based
Parow
Parow
Create account, take courses and earn verifiable certificates. Download and add certifications to your profile for better chance of getting hired.